News

Ons weet wat ons weet

Pizza bly maar lekker vir die meeste mense. Daar is altyd ‘n debat of pynappel op pizza hoort? Noordskool in Sasolburg se juniors het hul opinies gedeel.

Zanel Duvenhage Ek hou van pizza met kaas, hoender, bacon, pynappel en pepperoni op. Sommer alles tegelyk.

Danré du Randt Kaas en tamatie pizza is lekker, maar ek hou glad nie van pynappel nie. Ek eet eerder pap en wors.

Danel du Plessis Die lekkerste pizza het pynappel, kaas en ham op. Ek hou baie van die pynappel en ek hou van groente.

Leila Pretorius ʼn Pizza moet sous, kaas, pynappel en mushroom op hê, maar as ek kan kies sal ek eerder roomys eet.

José Nunes Ek eet Hawaian pizza. Dit het pynappel en ham op. Ek hou daarvan as ons ons eie pizza kan maak. Dan sit ek vleis, kaas, speserye, en tamatiesous op.

Lihan Dreyer Ham en kaas pizza is die lekkerste. Ek eet nie pynappel op pizza nie. Dit maak die pizza bietjie anderster. Dis nie vir my lekker nie. Ek is nie ʼn groente eter nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button