News

Laerskool Voorwaarts vier 100-jaar mylpaal met groot makietie’

Die skool word hierdie jaar 'n 100 jaar oud.

MEYERTON – Laerskool Voorwaarts het op 23 November ‘n ongelooflike mylpaal gevier tydens die Vorie Eeufees.

Die skool word hierdie jaar ‘n 100 jaar oud.

Andrea en Ivana Janse van Rensburg geniet spookasem wat hulle by een van die kosstalletjies gekoop het. Foto: Christiaan Cloete

Hierdie geleentheid, wat van 10:00 die oggend tot laat by Laerskool Voorwaarts in Riversdal geduur het, het alumni, ouers, huidige studente en lede van die plaaslike gemeenskap tydens ‘n dag van pret, nostalgie en opwinding bymekaargebring.

Die skool se sportvelde is in ‘n lewendige markplein met meer as 90 stalletjies omskep, wat alles van kos en klere tot speelgoed gebied het.

Kevin Nelson en Pierre Wheeler geniet hulself by die Voriefees. Foto: Christiaan Cloete

Gaste het met kampstoele die ontspanne atmosfeer geniet, met gesinne wat tyd saam deurgebring het terwyl hulle deur die stalletjies rondsnuffel en aan heerlike lekkernye gesmul het.

Die geleentheid het ook ‘n magdom gesinsvriendelike aktiwiteite gebied, insluitend opwindende springkastele en ‘n spookhuis, wat ‘n treffer onder die kinders was.

Cecil Parsons, Nadia Claassens en Gavin Arrow by Laerskool Voorwaarts se Voriefees. Foto: Christiaan Cloete

Van vroeg tot laat het kunstenaars soos Lee Luka, die 4 Eva Young Band, Kosie Beukes, Zeské, Neil Somers, Richann Brussouw, Elandre, Karlien van Jaarsveld, en Dirk van der Westhuizen gaste vermaak.

Een van die hoogtepunte was natuurlik die rugbywedstryd tussen die Springbokke en Wallis, wat op ‘n groot skerm in die biertent vertoon is.

Met soveel aktiwiteite en optredes was dit duidelik uit die groot opkoms dat die Vorie Eeufees ‘n massiewe sukses was wat die gemeenskap bymekaar gebring het om ‘n eeu van Laerskool Voorwaarts se ryk geskiedenis en nalatenskap te vier.

Die 4 Eva Young Band saam met die manne van Star Nissan by Laerskool Voorwaarts se Voriefees.
Hulle het hekdiens by Laerskool Voorwaarts se Vorie Eufees gedoen. Van links, voor: Gert van Niekerk, Suzette Ostman. Agter: Angelique Vermaak, Arné Crous en Celest de Klerk. Foto: Christiaan Cloete
Die spookhuis was ‘n treffer onder kinders. Foto: Christiaan Cloete

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button