News

Yolandie se nuwe sokkie treffer ruk

Die sangeres se nuwe enkelsnit is onlangs uitgereik en sy het groot planne vir 2025.

MEYERTON – Die sangeres Yolandie beskryf haar nuwe enkelsnit as haar eie unieke weergawe van Mynie Grové se Caravans, waar sy die Mike Batt kenwysie in ‘n lekker sokkie treffer verander het.

Die enkelsnit is op 22 November vrygestel en doen baie goed op radio.

Yolandie sê sy het besluit om hierdie lied op te neem omdat dit ‘n volksgunsteling is en waar sy optree wag die gehoor om haar weergawe van hierdie lied te hoor.

Sy verklap, “almal onthou die Techno weergawe wat ek in die 90’s vrygestel het, toe was Techno die ‘in-ding’, maar ek wou dit nou bietjie moderniseer omdat die lied ‘n gehoor gunsteling en tydloos is.”

Yolandie sê sy het dit ongelooflik baie geniet om die lied op te neem en het ook die tjello lyn lewendig in studio opgeneem.

Haar tjellis is Florin Hodobet.

Die tjello is opgeneem deur Hennie de Necker.

Yolandie meen sy is so trots om te kan werk met briljante musikante, dis hulle wat haar inspireer om haar beste te doen.

Yolandie sê: “Die grootste les wat die musiek bedryf my geleer het is bly altyd nederig en onthou waar jy vandaan kom. Een oomblik is jy bo, die volgende oomblik dalk onder en dan bowenal ‘be true to yourself’.”

Die sangeres het groot planne vir 2025 en beplan alreeds als wat sy graag wil aanpak.

Sy verklaar: “Ek het ‘n wonderlike span mense opgebou, mense wat soveel geloof in my het en my ondersteun.”

Yolandie verklap verder dat sy baie graag sal wil bou aan verskeie musikale produksies en graag op toer wil gaan waar sy reg oor die land gaan sing.

Yolandie is ‘n ligte klassieke sangeres wat gebore is in die Jakaranda Stad – Pretoria.

Sy het haar voorliefde vir musiek ontdek deur haar pa se kitaarlesse wat sy op nege-jarige ouderdom ontvang het.

Van daar het sy aanhou sing en met haar ouers se ondersteuning het sy van kindsbeen af elke verhoog geleentheid aangegryp.

Yolandie se kortspeel album, Shades of Time, is laasjaar uitgereik en het treffers bevat soos, Sonneblom uit Bethlehem (met Derick Scholtz), Listen to the ocean (met Kobus Prinsloo), Tell Him (met Karen Olivier), Time to say Goodbye (met Gert Hartzenberg) en ‘n spesiale bonus snit, Vivo Per Lei (met Kevin Leo).

Na die sukses van haar kortspeel album het sy gewilde enkelsnitte soos Morné se Lied en Alles oor Jou vrygestel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button