News

Uitspraak oor publikasie van matriekuitslae verwag

Die inligtingsreguleerder soek 'n interdik teen die publisering van 2024 se matriekuitslae.

OPDATERING – 13:50:

Matriekuitslae mag gepubliseer word

Die departement van basiese onderwys mag 2024 se matriekuitslae in koerante laat publiseer.

Dit volg nadat die Gauteng-hooggeregshof Woensdag ‘n dringende aansoek deur die inligtingsreguleerder vir ‘n interdik teen die publikasie van 2024 se matriekuitslae van die hand gewys het.

Regter Ronel Tolmay het die aansoek met koste van die hand gewys.

Die aansoek is van die rol geskrap omdat dit nie dringend is nie.

——————————————————————————————————————————————————–

Die hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting vandag uitspraak lewer in die saak tussen die departement van basiese onderwys en die inligtingsreguleerder.

Die inligtingsreguleerder het dringende aansoek ingedien om ‘n interdik bekom teen die publisering van 2024 se matriekuitslae aanlyn en in koerante.

Die reguleerder voer aan dat dit strydig is met die POPI-wet.

Die departement voer aan dat die aansoek nie dringend is nie.

Matriekuitslae word sedert 20214 in koerante gepubliseer met die eksamennommers van die matrikulante in plaas van hul name.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button