Robert McTavish en Anja de Bruin is die Vaal Atletiekklub se mees
verbeterde atlete (most improved) van 2024.
*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad verskyn. Kry ons gedrukte koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.
VEREENIGING – Die Vaal Atletiekklub het tydens sy jaarlikse prysuitdeling en algemene jaarvergadering op 7 Desember by Lion’s Creek Restaurant in Glen Donald sy top atlete vereer.
Die klub het in 2024 ‘n uitsonderlike jaar met vele hoogtepunte beleef.
Anja de Bruin is as die Vaal Atletiekklub se fietsryer van die jaar en sportpersoon van 2024 aangewys.Chanderé Nel is die Vaal Atletiekklub se junior landloopatleet van die jaar.Roelof van Wyk is die Vaal Atletiekklub se senior landloopatleet van die jaar 2024.Maria Motaung is aangewys as die Vaal Atletiekklub se senior dames landloopatleet van 2024. Saam met haar op die foto is die Vaal Atletiekklub se ere-president Arthur Doyle.Marilyn Claassen is as die Vaal Atletiekklub se trail runner vir die jaar aangewys.Robert McTavish, ‘n toegwyde lid van die Vaal Atletiekklub, is as die klub se sportpersoonlikheid van 2024 aangewys.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!