Elize Janse van Rensburg (Beste Dames Vordering, Getroue Bywoning en Sportiewe Gees),
Joyce Viljoen (Beste Dames Speler), Adriaan Venter (Beste Mans Vordering), Saadjie Zelie
(Beste Mans Speler) en Mike van der Walt (voorsitter).
VEREENIGING – Tydens die Kiewiet Ontspanningsklub (Drie Riviere Aftree Oord) se jaarlikse Kersete en prysuitdeling wat gehou is, is die presteerders van die Jukskeiklub deur Mike van der Walt (voorsitter van die Kiewiet Ontspanningsklub) aangekondig.
Die Kiewiet Jukskeiklub by die Drie Riviere Aftree Oord (Fase 2) speel Maandae en Vrydae vanaf 14:00 tot 15:30 en Woensdae vanaf 14:00 tot 16:00.
Vir navrae kan Mike van der Walt (0724536447) of Saadjie Zelie (0839427450) geskakel word.
Lede van die Kiewiet Ontspanningsklub wat die erkenning vir ambassadeurskap ontvang het. Van links: Saadjie Zelie, Freek van der Merwe, Adriaan Venter, Elize Janse van Rensburg (sekretaresse), Pieter Barkley, Henrik Knoetze, Danie van Dyk en Rassie van Dyk. Agter is Mike van der Walt (voorsitter). Afwesig: Annatjie Pieters.Pieter Fourie (Oudste Aktiewe Lid), Peet Muller (Beste Gesindheid), Elsabe Knoetze (Gewillige Hand), Hendrik Knoetze (Mees Toegewyde Speler en Speler van die Jaar), Mike van der Walt (voorsitter) en Dina Stander (Beste Ondersteunende Speler).Die Putt-Putt presteerders. Van links: Mike van der Walt (voorsitter), Anna McGreggor (Beste Vordering), Coenraad Pieters, Jan Botha (Beste Mans Speler en Beste Gemiddelde Speler) en Janu Pieters (Beste Telling – 17 Onder Baansyfer). Afwesig: Pienkie Bezuidenhoudt (Beste Vroue Speler) en Coen Bezuidenhoudt (Meeste Hole-in-One’s)
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!