News

Dokkies se top matrikulant van 2024 wil oorsee werk

Sy wil in die buiteland werk terwyl sy besin oor die toekoms.

MEYERTON – Dezray de Necker, die Hoërskool Dr. Malan se top matrikulant van 2024, wil vir ‘n jaar as kinderoppasser (au pair) in Nederland gaan werk tot sy 100% seker is wat sy met haar toekoms wil doen.

“Ek gaan eers die jaar vat en rerig dink oor wat ek wil doen, voordat ek studeer. Ek wil nie ’n rigting kies waaroor ek spyt gaan wees nie,” sê Dezray, wat ‘n indrukwekkende agt onderskeidings in verlede jaar se Nasionale Senior Sertifikaateksmen behaal het.

Dezray se onderskeidings is vir Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, wiskunde geletterdheid, lewensoriëntering, besigheidstudies, ingenieursgrafika en ontwerp, visuele kuns en toerisme.

Dezray vertel dat ingenieursgrafika en ontwerp haar gunsteling vak was, maar ook die uitdagendste.

Volgens Dezray het sy haar akademie eerste gestel in haar matriekjaar en ter voorbereiding vir die eksamen baie vorige vraestelle deurgewerk.

Dezray de Necker van die Hoërskool Dr. Malan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button