News

Fietsryers trek saam buite Vanderbijlpark

Die provinsiale Tydtoets en Padfietsrykampioenskappe het vir groot opwinding gesorg.

LINDEQUESDRIF – Fietsryers van Gauteng, Vrystaat en Noordwes het verlede naweek op Vaaloewer in Lindequesdrif saamgetrek vir die gekombineerde provinsiale Tydtoets en Padfietsrykampioenskappe.

Die kampioenskappe naby die Gauteng/Noordwes-grens, het vir groot opwinding gesorg.

Die aksie het op 18 Januarie met die tydtoetskampioenskappe begin.

Fietsry aksie by Lindequesdrif. Foto: Christiaan Cloete

Elite-fietsryer Callum Ormiston het die oorwinning in die elite afdeling behaal in die 27.7 km-wedren en die uitdagende roete (met hoogtetoename van 288m) in ‘n indrukwekkende tyd 35:07 voltooi.

Brandon Downes het net agter hom geëindig in 35:18, terwyl Noordwes se Gideon Geldenhuys die derde plek behaal het met ‘n tyd van 40:46.

Pedri Crause in aksie tydens die individuele tydtoets. Foto: Christiaan Cloete

In die elite-vrouekategorie het Lucy Young die eerste plek beklink met ‘n tyd van 43:53, gevolg deur Alexandra Claassen in 45:43.

Ongelukkig was daar geen derde plek in hierdie kategorie nie.

Ryno Schutte en Joshua Dyke, gee albei hul bes in die pylvak van die tydtoets. Foto: Christiaan Cloete

Sondag het ‘n o23-jaer die vertoning gesteel in die uitdagende padwedren oor 163.62km (met ‘n hoogtetoename van 1 764m).

Pedri Crause (22) het die afdeling vir mans gewen en die algehele oorwinning in beide die o23- en elite-kategorieë behaal.

Fietsry aksie by Lindequesdrif. Foto: Christiaan Cloete

Blaine Kieck (4:06:27) en Saterdag se tydtoetskampioen Callum Ormiston (4:06:53) het die podium in die elite-afdeling voltooi.

In die vroue-afdeling het Lisa Bone as oorwinnaars uit die stryd getree, met haar Enzo Construction-spanmaat Melisa Kretzinger wat die tweede plek behaal het.

Melisa Kretzinger en Lisa Bone wat onderskeidelik die tweede en eerste plek in die wedren vir elite dames behaal het. Foto: Verskaf

Tydtoetswenner Lucy Young het die podium afgerond met ‘n sterk derde plek.

Fietsry-entoesiaste kan volgende maand uitsien na meer opwinding wanneer die 2025 Suid-Afrikaanse Pad- en Tydtoetskampioenskappe by Café du Cirque in Daleside plaasvind.

Die kampioenskappe is geskeduleer vir vroeg Februarie.

Die o23-fietsryers. Van links: Blaine Kieck, Pedri Crause en Matthew Symm. Foto: Verskaf

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button