News

Sedibeng-burgemeester uit die kussings gelig

Die mosie van wantroue teen Lerato Maloka het geslaag.

VEREENIGING – Die burgemeester van die Sedibeng Distriksmunisipaliteit, Lerato Maloka, is Woensdag uit die kussings gelig nadat ‘n mosie van wantroue teen haar geslaag het.

Altesaam 49 raadslede het vanmiddag by die burgersentrum in Vereeniging gestem.

26 raadslede het vir Maloka se verwydering gestem.

21 het vir die behoud van Maloka gestem.

2 raadslede het buite stemming gebly.

Volgens Philip Gomes, die DA se koukusleier in Sedibeng, het die distriksmunisipaliteit, wat die afgelope vyf termyne deur die ANC regeer is, in ‘n nes vir kaderontplooing ontaard.

75% van die munisipale begroting word op salarissie spandeer en die wanbestuur en wanbesteding van munisipale infrastruktuur het die munsipaliteit in oneer gebring,” sê Gomes.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button