
MEYERTON – ‘n Winkel by die Klipdraai Karavaanpark het tot die grond toe afgebrand nadat deur weerlig getref is.
Die grasdakstruktuur is heeltemal vernietig.
Dramatiese beeldmateriaal wat op sosiale media gedeel is, wys hoe vlamme die gebou verteer.
Die voorval het op Sondagaand 2 Februarie plaasgevind.
Sommige sê dit was die ergste donderstorm in 50 jaar
Die bestuur van Klipdraai Karavaanpark het hul dank uitgespreek teenoor almal wat gehelp het om die brand te blus, insluitend die Midvaal-brandweer, wat vinnig op die noodsituasie gereageer het.
“Ons is dankbaar dat niemand beseer is nie,” het die karavaanpark verklaar.
Ten spyte van die intensiteit van die brand, kon brandbestryders daarin slaag om die vuur te keer en te verhoed dat dit na ander geboue versprei.

Volgens Klipdraai Karavaanpark se eienaar, Michiel Nieuwoudt, was die storm daardie aand een van die ergstes in dekades.
“Sommige sê dit was die ergste donderstorm in 50 jaar,” het Nieuwoudt gesê.
“Mense kon die ontploffing van die gasbottels kilometers ver hoor, sowel as die geluid van vensters wat breek.”
Ten spyte van die teenwoordigheid van verskeie weerligafleiers op die perseel, kon die winkel nie gered word nie.
Die skade beloop na raming R1.8 miljoen.

Nietemin, het Nieuwoudt beklemtoon dat die park steeds oop en ten volle operasioneel bl yen dat ys en vuurmaakhout steeds by die karavaanpark te koop is.
Die park het hul teenoor die gemeenskap uitgespreek vir hul oorweldigende ondersteuning.
“Ons is stomgeslaan deur al die boodskappe van bemoediging. Meer as 5,000 boodskappe het ingestroom,” het Nieuwoudt vertel.
Hy het spesiale dank uitgespreek aan Hannes Steyn van Midvaal-brandweer, sy span, asook plaaslike geestelike leiers, Dominee Chris Olivier van NG Kerk Drie Riviere Oos en Pastoor Eben Spangenberg van AGS Emmanuel Kerk in Duncanville, vir hul ondersteuning.
Die park se fokus sal nou wees op opruimingswerk voordat daar besluit word oor die toekoms van die winkel.
“Ons het steeds so baie om voor dankbaar te wees,” het Nieuwoudt gesê.
“Niemand is beseer nie, en die brand het gelukkig nie na trouperseel versprei nie. Die lewe is soos ‘n nikkerbal – hard, maar heerlik.”