News

Taxibestuuders dreig glo Meyerton toektoek-man met dood

Hy het skynbaar met sy nuwe toektoek taxidiens op tone getrap.

MEYERTON – Die eienaar van ‘n vindingryke nuwe toektoek-taxidiens in die Midvaal-omgewing sê hy gaan hom nie van stryk laat bring deur doodsdreigemente van plaaslike taxibestuurders nie.


Jaco Neethling het sowat ‘n maand gelede Village Tuk-Tuk’s gestig, maar nie almal het die nuwe taxidiens met ope arms aanvaar nie.


“Die Village Tuk-Tuk’s-span het ernstige doodsdreigemente van plaaslike taxibestuurders ontvang, bloot omdat hulle ‘n bekostigbare en broodnodige vervoeralternatief verskaf.”


“Dit is nie net ‘n aanval op ons besigheid nie – dit is ‘n aanval op jou reg om veilige, betroubare en bekostigbare vervoer te kies,” het Neethling Vrydag in ‘n verklaring gesê.

Dit volg na minstens twee insidente wat taxibestuurders glo toektoekbestuurders van die nuwe toektoek-taxidiens gedreig het.

Die Village Tuk-Tuk’s-span het ernstige doodsdreigemente van plaaslike taxibestuurders ontvang, bloot omdat hulle ‘n bekostigbare en broodnodige vervoeralternatief verskaf


Die taxidiens beskik tans oor ‘n vloot van 8 toektoeks en verskaf werk aan verskeie bestuurders.


“Sedert die bekendstelling van ons taxidiens het ons hard gewerk om ons gemeenskap op te hef, werk te skep en ‘n vervoeroplossing te bied wat almal bevoordeel. Ons het in goeder trou met owerhede geskakel en behoorlike proses gevolg, maar ons staar nou intimidasie en dreigemente teen ons lewens in die gesig,” sê Neethling.


Neethling het het ‘n beroep op die publiek, plaaslike sakelui en owerhede gedoen om hande met hulle te vat en te verseker dat geweld en intimidasie nie die toekoms van vervoer in die gemeenskap dikteer nie.


“Niemand hoef vir hul lewens te vrees bloot omdat hulle ‘n diens verskaf wat mense help nie,” meen Neethling.


*Volledige berig die gedrukte weergawe van Vaalweekblad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button