News

VF Plus versoek dringende stappe om herhaling van 2023 se Vaal-vloedramp te voorkom

Die Vryheidsfront Plus sê vloedskade wat inwoners langs die Vaalrivier in 2023 gely het was weens ‘gebrekkige koördinering tussen verskillende owerhede verantwoordelik vir die regulering van die uitvloei van die Vaaldam’.

Die Vryheidsfont Plus (VF Plus) sê hy het ‘n dringende versoek tot die minister van toerisme, me. Patricia de Lille, gerig om die nodige stappe te neem om te verseker dat gemeenskappe en verál toeristeoorde op die oewers van die Vaalrivier nie weer weens die nalatigheid van waterowerhede deur vloede verwoes word nie.

“Dit het destyds vinnig duidelik geword dat skade wat gely is grootliks te wyte was aan gebrekkige koördinering tussen verskillende owerhede verantwoordelik vir die regulering van die uitvloei van die Vaaldam.

Volgens die VF Plus se Michal Groenewald, ʼn lid van die provinsiale wetgewer, het oorde langs die Vaalrivier in Februarie 2023 tienmiljoene rande se skade gelei nadat hulle onverwags deur ‘n sterk vloed oorval is.

“Dit het destyds vinnig duidelik geword dat dit grootliks te wyte was aan gebrekkige koördinering tussen verskillende owerhede verantwoordelik vir die regulering van die uitvloei van die Vaaldam.

Tussen 11 en 18 Februarie 2023 is 12 sluishekke oopgetrek as deel van damveiligheidstandaarde en prosedures om waterinvloei stroomop van die Vaalrivier te bestuur. Argieffoto: Christiaan Cloete

“Deur was ook geen tydige kommunikasie met inwoners, plaaslike owerhede of toeristeoorde aan die oewers van die rivier nie.

“Die ramp het enorme skade aangerig talle werksgeleenthede vanaf Lindequesdrif tot anderkant Bloemhof in die slag laat bly. Talle van die ondernemings het steeds nie ten volle van die skade herstel nie,” sê Groenewald.

Die VF Plus sê hy het nou onder meer versoek dat minister De Lille seker maak dat die minister van water en sanitasie, Pemmy Majodina, direk ingryp by die verantwoordelike waterowerhede om ‘n herhaling van die ramp te voorkom.

Huise langs die Vaalrivier onder water.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button