News

Meyertonner benoem vir gesogte Woman of Stature toekenning

Die lewensafrigter en alternatiewe geneeskundige is in die kategorie ‘Health & Wellness’ benoem.

MEYERTON – Maritza Victor, ‘n toegewyde lewensafrigter, holistiese praktisyn en alternatiewe geneeskundige van die dorp, is benoem vir die gesogte Woman of Stature-toekennings.

Sy is in die kategorie ‘Health & Wellness’ benoem.

Maritza, eienaar van Maritza Victor Holistic Wellness, spesialiseer in trauma- en rouberading en volg ‘n holistiese benadering tot genesing.

“Ek glo daarin om die liggaam, siel en gees saam te behandel. Lewensafrigting is nie ’n eengrootte-pas-almal-benadering nie, so ek pas my metodes aan by elke individu se behoeftes,” verduidelik sy.

Maritza se dienste sluit onder meer lewensafrigting, kleurterapie en kwantumgenesing in.

Kleurterapie behels die gebruik van spesifieke kleure om emosies en geestelike toestande te beïnvloed, terwyl kwantumgenesing fokus op die gebruik van energiefrekwensies om welstand en selfontdekking te bevorder.

Die Woman of Staturetoekennings, wat in 2013 gestig is, vier die prestasies van vroue in verskeie velde, met erkenning aan hul veerkragtigheid, leierskap en impak.

Die toekennings het gegroei tot ‘n transformerende platform wat vroue bemagtig en geleenthede skep vir beide persoonlike en professionele groei.

Die geloofwaardigheid van die toekennings word gehandhaaf deur ‘n streng keuringsproses, insluitend ‘n paneel van gewaardeerde wêreldwye sakeleiers en deeglike oudits om deursigtigheid te verseker.

Daar is ook ‘n Public Choicetoekennings waar mense vir die genomineerde vrou van hul keuse kan stem by https:// wosawardsglobal.com

Maritza sê sy was verras toe sy van haar benoeming hoor en het dadelik Charlotte du Plessis, uitvoerende hoof van Woman of Stature, gekontak om meer oor die toekennings uit te vind.

“Ek was nog nooit een vir die kollig nie,” sê sy.

“Ek gee nie om oor gewildheid nie. Ek gee om om mense se lewens te verander.” Maritza hoop tog dat die kompetisie haar ‘n platform sal bied en help met bewusmaking van wat sy alles doen.

Die Woman of Stature gala-aand vind op 12 April by die Indaba Hotel in Fourways plaas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button