News

KYK: Serebraal gestremde ontvang rolstoel, koek op sy verjaarsdag

Lede van die Rotary Anns en die Rotary Club van Riverside het sy verjaarsdag spesiaal gemaak.

VEREENIGING – Dinsdag, 4 Februarie, was ’n spesiale dag vir Tjaard Herbst, ’n 32-jarige man wat met serebrale gestremdheid leef.

Danksy ’n gesamentlike inisiatief van die Rotary Anns van die Rotary Club van Riverside en die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) het Tjaard ’n splinternuwe rolstoel en ’n heerlike verjaardagkoek ontvang.

Sy ma, Ansie Herbst, ’n enkelma van drie kinders, het na die Rotary Anns uitgereik vir hulp om ’n rolstoel vir Tjaard te bekom.

Volgens Ina Labuschagne, die president van die Rotary Anns, is sy deur Herbst gekontak, waarna sy ‘n boodskap op ‘n WhatsApp groep van die Rotariërs geplaas het.

Colin Church, wat beide ’n lid van SAWV en die Rotary Club of Riverside is, het op die boodskap gereageer en kon met behulp van sy kontakte by die SAWV met ‘n skenking van ’n rolstoel help.

Op sy verjaardag is Tjaard bederf met nie net die nuwe rolstoel nie, maar ook met ’n spesiale gebakte verjaardagkoek en ’n voorraad doeke.

Lede van die Rotariërs en die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) saam met Tjaard Herbst en sy nuwe rolstoel. Foto: Christiaan Cloete

Hierdie gebaar het ’n groot verskil gemaak in die lewe van Tjaard en sy familie.

Ons is ongelooflik dankbaar vir hierdie wonderlike geskenk. Dit maak ons lewens soveel makliker,” het Ina gesê.

Sy het ook die barmhartigheid en ondersteuning van die gemeenskap geprys. Hierdie soort inisiatiewe is aan die kern van wat organisasies soos die Rotary Club doen.

Ons hoop en vertrou hulle gaan met die rolstoel gelukkig wees. Dit is vir ons ‘n riem onder die hart om te sien wat die dames van die Rotary Anns in die area doen.

Ons waardeer dit en ons salueer julle.”” het Chrurch gesê.

Die dag was vol vreugde en dankbaarheid, en Tjaard se glimlag het gewys hoe baie hierdie gebaar vir hom beteken.

Danksy ’n gesamentlike inisiatief van die Rotary Anns van die Rotary Club van Riverside en die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) het Tjaard ’n splinternuwe rolstoel en ’n heerlike verjaardagkoek ontvang. Van links is Val Elsworth, Ina Labuschagne, Sarah-Jane Venter, Colin Church en Frik van Niekerk. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button