News

Aandreeks lewer kookwater netbal op

Die aandreeks het vir groot opwinding gesorg.

MEYERTON – Die Dokkies Netbal Aandreeks het Dinsdagaande vanaf 4 tot 25 Februarie die Hoërskool Dr. Malan laat lewe kry en weke se opwindende vermaak vir jonk en oud verskaf.

Met minstens 15 spanne insluitend Goal Getters, Diamond Divas, Hoop Hooligans, Silver Strikers en die Vereeniging Netbalklub, was die toernooi ’n ware viering van die sport.

Quinelle Botes van die Diamond Divas en Ava Sparks van die Stars in aksie op die netbalbaan tydens die Dokkies Aandreeks. Foto: Christiaan Cloete

Spelers het gewissel van hoërskoolleerders tot opvoeders en klubspelers.

Almal het meegeding in ’n vriendelike, maar vurige atmosfeer.

Daniele Mostert van die Stars gryp die bal voor Mia Mostert van die Diamond Divas weg. Foto: Christiaan Cloete

Elke wedstryd was vol vinnige aksie, skerp aangeë en indrukwekkende doelskietvernuf, terwyl die kantlyne en pawiljoene met entoesiastiese ondersteuners gevul was.

Die Onnies het ’n stewige stryd gevoer teen jonger spanne, terwyl die Flower Puff Girls en Sonneblomme gehore beïndruk het met hul spanwerk.

Die Bomb Squad het hul naam gestand gedoen met ontploffende spel, en Thunder het beïndruk met hul blitsige voetwerk.

Buite die baan het die reeks gemeenskapsbande versterk en sportmangees bevorder.

Mickeh van Rensburg gee die bal vir ‘n spanmaat aan. Foto: Christiaan Cloete
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button