News

Nuwe winkelsentrum oorstroom na swaar reën

Dit het glo meer as 54mm in 'n uur se tyd gereën.

MEYERTON – Die splinternuwe Riverstone Mall het glo Sondag oorstroom na swaar reënval.

Die winkelsentrum sou na verwagting op 27 Maart sy deure open.

Vaalweekblad verstaan sommige van die winkels het reeds voorraad in.

Die omvang van die skade is nog nie bekend nie.

Vaalweekblad het navrae  aan die ontwikkelaar gestuur. Ons wag nog vir terugvoer.

Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Ons sal later meer breedvoerig berig sodra ons meer inligting het.

ìg

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button