News

Ongeluk by oorgangsbrug op R59 eis een

Die voertuig het van die oorgangsbrug af gestort en op die pad onder die brug beland.

VEREENIGING – ‘n Tragiese ongeluk by ‘n oorgangsbrug op die R59 het op Menseregtedag een dood en ‘n ander in ‘n krietieke toestand gelaat.

Die ongeluk het gebeur toe ‘n bestuurder glo kort voor 15:00 beheer oor sy voertuig by die oorgangsbrug op die R59 verloor en teen ‘n versperring gebots het, waarna die voertuig na benede gestort het.

Na ‘n val van tientalle meters het die voertuig op sy dak op die pad onder die oorgangsbrug beland, by die kruising van Houtkopweg en die Ou Johannesburg-pad.

Nooddienste was betreklik vinnig op die toneel. Die brandweer, Gauteng Nooddienste, Sekuriteit Sonder Grense, ER24 en Sharpmed het met die reddingspoging gehelp.

Noordienswerkers het gehelp om die passasiers met behulp van die kake van die lewe uit die voertuig te sny.

Een van die insittendes is op die toneel dood verklaar, terwyl ‘n ander gestabiliseer is en in kritieke toestand per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.

Lede van die Frontline of Hope Ministries was ook teenwoordig om ondersteuning aan die nooddienste en die omstanders te bied.

Die polisie het vinnig die area beveilig, sodat die komplekse reddingsoperasie onverhinderd uitgevoer kon word.

‘n Dankbare Vaalweekblad-leser het die professionele optrede van die nooddienste waardeer. “Ons is dankbaar vir die vinnige en doeltreffende aksies van die paramedici, brandweermanne en verkeersbeamptes,” het hy gesê.

Die oorsaak van die ongeluk word tans ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button