News

Skorsie Selah wen toekenning vir grootste groente

Wykus Lamprecht se skorsie, Selah, het op 15 Maart verras toe sy as die grootste groente by die Goliat van Gat Pampoenfees in Pretoria aangewys is!

Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad (21 Maart – 27 Maart verskyn). Kry ons koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.

MEYERTON – Wykus Lamprecht se skorsie Selah het op 15 Maart by die Goliat van Gat Pampoenfees in Silverton, Pretoria verras toe sy ‘n toekenning vir grootste groente op die skou verwerf het.

Selah is in Wykus se groentetuin in Golfpark in Meyerton gekweek oor ‘n tydperk van 160 dae.

Sy is op 15 Maart geweeg.

Wykus, wat in 2023 rekords laat spat het met sy reuse pampoen, Liesbet (wat ‘n ongelooflike gewig van 890kg behaal het), moes hierdie jaar ‘n skorsie na die pampoenfees neem omdat sy pampoensade nie ontkiem het nie.

Anders as sy vorige oranje kampioene, het Selah ’n groenagtige kleur. Selah, vernoem na ’n misterieuse Bybelse term wat dikwels aan die einde van verse in Psalms en Habakuk voorkom, simboliseer vir Wykus ’n oomblik van nadenke.

Selah die skorsie. Foto: Christiaan Cloete

Wykus het na afloop van die pampoenfees gesê dat Selah selfs vir hom verras het.

Volgens Wykus weeg die pampoen 16kg swaarder as wat hy verwag het.

Hy het voor die pampoenfees haar gewig geskat deur gebruik te maak van ‘n pampoentabel.

Wykus het aanvanklik vermoed dat sy in die omgewing van 655kg sal weeg.

Selah het toe die skaal op 671kg laat kreun.

Wykus het ook ‘n botterskorsie genaamd Dory ingeskryf.

Haar gewig is in totaal 36,2kg, wat ook ‘n eerste vir die Goliat van Gat Pampoenfees is.

Wykus Lamprecht met die reuseskorsie, Selah. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button