Vrou sterf in motorfietsongeluk
Sy is op die toneel oorlede. Haar maat is na 'n hospitaal geneem vir behandeling.
OPDATERING 2025/04/02 – 16:00
Petro Hunt, die ma van John Hunt, het intussen aan Vaalweekblad gesê dit is nie Natasha Oosthuizen is wat uit die bakkie se verkoeler (radiator) gesny moes word met die lewenskake nie.
Natasha (wat agter op die motorfiets gesit het ten tye van die ongeluk) is volgens Petro van die motorfiets af geslinger nadat die bakkie die motorfiets van agter af getref het.
‘n Bron wat op die toneel was beweer dat Hunt (wat voor op die motorfiets gesit het ten tye van die ongeluk) tussen die motorfiets en die bakkie vasgesit het en dat paramedici hom met meganiese kake moes verwyder het.
Volgens Petro het die ongeluk Vrydagaand voor middernag gebeur, en nie in die vroeë oggendure van Saterdag soos daar aanvanklik berig is nie.
Volgens Petro sterk John tans aan in die hoësorgeenheid van die hospitaal.
——————————————————————————————————————————————————–
VEREENIGING – ‘n Vrou is dood en haar maat in ‘n kritieke toestand na die Sebokeng-hospitaal geneem na ‘n ongeluk tussen ‘n motor en ‘n bakkie in die vroeë oggendure in Ou Johannesburgweg.
Die ongeluk het glo Saterdagoggend kort na 03:00 naby Magic Lawns plaasgevind.
Natasha Oosthuizen is op die ongelukstoneel oorlede nadat ‘n bakkie glo teen ‘n hoë spoed in die motorfiets waarop sy en haar maat, John Hunt, gesit het, vasgeploeg het.
Vaalweekblad verneem Natasha, wat agter op die motorfiets gesit het, moes uit die bakkie se verkoeler (radiator) gesny word met die lewenskake.
Sy is op die toneel oorlede.
John is na die Sebokeng-hospitaal geneem vir behandeling
*Volledige berig in ons gedrukte koerant.

