News

Besigheidseienaar buite hardewarewinkel in Lochstraat doodgeskiet

Die voorval het helder oor dag in Meyerton se sentrale sakekern afgespeel.

OPDATERING (2025/05/02)

MEYERTON – Skokkende beeldmateriaal van die voorval waartydens  Ali Arshad (46) helder oor dag voor sy winkel in Meyerton doodgeskiet is, het op sosiale media opslae gemaak.

Arshad was glo ‘n stoere lid van die ANC.

Ali Arshad.
Ali Arshad.

Klik op die skakel om die video te kyk, maar wees gewaarsku dat dit nie vir sensitiewe kykers is nie.

https://www.facebook.com/share/v/1AYgy6JEmB/

——————————————————————————————————————-

MEYERTON – Die polisie het ’n soektog van stapel gestuur nadat ‘n plaaslike besigheidseienaar laat Saterdagoggend buite sy hardewarewinkel in Lochstraat doodgeskiet is.

Volgens konstabel Nompumelelo Zazini, woordvoerder van Meyerton SAPD, het die voorval omstreeks 11:00 by Ali Hardware and Building Supplies plaasgevind, waar die 46-jarige manlike slagoffer in ’n plas bloed voor sy winkel aangetref is.

Die man, na bewering van Pakistaanse afkoms, het veelvuldige skietwonde aan die kop en bors opgedoen.

Nooddienste, insluitend ER24-paramedici, het op die toneel gearriveer en die slagoffer dood verklaar.
Vier koeëldoppies is naby die toneel gevind.

Ooggetuies het gesê die aanvaller se gesig bedek was. ’n Ander verdagte, moontlik van Pakistaanse of Bangladesjiese afkoms, was by toe die oorledene geskiet is.

Die verdagtes het in ’n wit Hyundai i10 met registrasienommer KD 88 SL GP gevlug.

Die voorkant van die linkerkantste buffer van die voertuig is beskadig.

Die voertuig is laas gesien toe dit teen hoë spoed deur die Meyerton-taxistaanplekgebied gejaag het in die rigting van Johannesburg.

Meyerton-polisie, met die bystand van forensiese en vredesbeamptes, ondersoek ‘n saak van moord.

Die liggaam is na die Sebokeng Forensiese Patologiedienste vervoer.

Meyerton se stasiebevelvoerder, kolonel Christopher Mohale, doen ’n beroep op die publiek om enige inligting wat tot die arrestasie van die verdagtes kan lei, aan te meld.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button