News

Knights skop Merlin-liga op hoë noot af

'n Goeie begin.

Die Meyerton Knights Rugbyklub het hul 2025 Valke Rugby Merlinliga-veldtog op ‘n goeie voet afgeskop toe hulle op Saterdag 17 Mei ’n oortuigende oorwinning van 78–0 teen Boksburg op hul tuisveld behaal het.

Die eerstespan het van die eerste afskop dit duidelik gemaak hule ernstig en gefokus is.

Jan labuschagne van die Meyerton Knights maak gereed om ‘n speler van Boksburg plat te trek. Foto: Christiaan Cloete

Met vlymskerp spel, afgeronde bewegings en ’n stewige pak voorspelers het hulle die besoekers heeltemal oorrompel.

Die tweedespan het ook met ’n oortuigende 45–0 geseëvier. Geen punte is afgestaan nie – ’n prestasie wat getuig van sterk verdediging regdeur die klub.

Die Knights pak vanmiddag die Elsburg Eagles aan by die Meyerton-sportklub.

‘n Speler van Boksburg probeer om die Meyerton Knights se Ruvo du Preez te keer voor hy op spoed kom. Foto: Christiaan Cloete
Danie Hatting, die Meyerton Knights se slot, duik oor die doellyn vir ‘n pragdrie. Foto: Christiaan Cloete
Divan van Wyk wat vanmiddag in sy 100ste wedstryd vir die Meyerton Knights uitdraf. Foto: Christiaan Cloete
Meyerton Knights se Hardus glimlag breed op pad na die doellyn. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button