News

Vaal Atletiekklub stuur 13 dapper atlete na vanjaar se Comrades

Dié 13 Vaal-atlete is reg vir die Comrades Marathon op 8 Junie.

VEREENIGING – Die Vaal Atletiekklub het op Saterdag 31 Mei hul jaarlikse Comrades-afskeidsfunksie by STEAM Café and Restaurant in Three Rivers gehou.

Hierdie jaar sal 13 toegewyde atlete van die klub vir die 2025 Comrades Marathon aantree.

Die wedloop – ook bekend as die Ultimate Human Race – vind op Sondag 8 Junie plaas.

Die span bestaan uit ’n mengsel van ondervinding en nuwe gesigte. Drie nuwelinge – Anja de Bruin, Monica Jordaan en Charles Malherbe – gaan vanjaar hul eerste Comrades aanpak, terwyl drie gesoute atlete reeds hul Groen Nommer verwerf het, wat toegeken word aan atlete wat die wedloop tien keer of meer voltooi het.

Die mees ervare in die span is Cor Grey met 19 Comrades-medaljes op sy kerfstok (insluitend 3 Bill Rowan-, 13 Brons- en 3 Vic Clapham-medaljes), gevolg deur Leon van Rensburg met 18 en Jacques Ferreira met 12 medaljes.

Roelof van Wyk sal vanjaar mik na sy tiende Cormades te voltooi en hopelik sy Groen Nommer te verwerf.

Die 2025 Comrades is ’n af-wedloop van sowat 89,98 km, van die stadsaal in Pietermaritzburg tot by Durban.

Dié atlete het maande lank hard geoefen en is reg vir die enorme uitdaging wat voorlê.

Die atlete van die Vaal Atletiekklub wat Sondag in Pietermaritzburg sal aantree vir die 2025 Comrades Marathon. Van links: Cor Grey, Charles Malherbe, Monica Jordaan, Gerrit van Staden, Leon van Rensburg, Anja de Bruin, Roelof van Wyk, Pieter de Wet, Reggie Manye, Jacques Ferreira en Robert McTavish. Afwesig: Jacques Burger en Quentin Kotze.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button