News

Dinosourusse wag net 4 ure weg van die Vaaldriehoek!

CLARENS – Vaaldriehoek-inwoners kan nou ’n wêreld van paleontologie, argeologie en geologie binne maklike ryafstand verken. Die Kgodumodumo Dinosaurus Interpretasie Sentrum by die Golden Gate Highlands Nasionale Park is net sowat 260 kilometer van die Vaaldriehoek af – ’n maklike rit van tussen 3½ en 4 uur. Dit maak dit ’n haalbare daguitstappie of naweekwegbreek. …

CLARENS – Vaaldriehoek-inwoners kan nou ’n wêreld van paleontologie, argeologie en geologie binne maklike ryafstand verken.

Die Kgodumodumo Dinosaurus Interpretasie Sentrum by die Golden Gate Highlands Nasionale Park is net sowat 260 kilometer van die Vaaldriehoek af – ’n maklike rit van tussen 3½ en 4 uur. Dit maak dit ’n haalbare daguitstappie of naweekwegbreek.

Die Kgodumodumo Dinosaurus Interpretasie Sentrum by die Golden Gate Highlands Nasionale Park.

Die sentrum, amptelik op 22 Junie 2025 geopen, bied ’n interaktiewe en wêreldklas ervaring wat dinosourusse en die historiese aarde lewendig maak. Dit is veral geskik vir skoolkinders, studente en gesinne wat op soek is na ’n leerame en opwindende uitstappie.

Wat dit nog meer spesiaal maak, is dat SANParks tot einde September 2025 gratis toegang tot die sentrum aanbied. Dit is ’n ideale geleentheid vir skoliere, gemeenskappe rondom die park en inwoners van die Thabo Mafutsenyane-distrik om hierdie skat van Suid-Afrika se kulturele erfgoed te ontdek.

Besoekers moet net ’n geldige identiteitsdokument saambring om toegang te kry. Moet dit nie misloop nie – ’n wonderlike nuwe bestemming wag net om ontdek te word.

Binne die Kgodumodumo Dinosaurus Interpretasie Sentrum by die Golden Gate Highlands Nasionale Park.
Patricia de Lille, minister van toerisme, tydens die amptelike opening van die Kgodumodumo Dinosaurus Interpretasie Sentrum by die Golden Gate Highlands Nasionale Park.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button