News

Kleinseun se hartsmeek vir geliefde vrou wie se wêreld ineenstort

"Sy het vir almal gegee – nou smeek ons vir net ’n bietjie terug."

VEREENIGING – ’n Kleinseun se liefde ken geen perke nie – en vir JP Berner was sy ouma, Tina Taljaard, altyd ’n toonbeeld van onbaatsugtige gee en sorg in die Vaaldriehoek.

Nou is dit sy beurt om haar te probeer help – al voel dit soms soos ’n onbegonne taak.

Tina, ’n vrou wie haar lewe toegewy het deur na ander se behoeftes om te sien, beleef tans haar donkerste uur.

In 2023 het sy haar werk verloor toe haar gesondheid skielik begin verswak het.

Kort daarna moes haar regterbeen geamputeer word weens gangreen.

Die hartseer het egter nie daar geëindig nie. “Ongeveer drie maande terug is sy in die Vereeniging Kopanong Hospitaal opgeneem toe dieselfde simptome in haar ander been begin wys het,” vertel JP.

Tina Taljaard, wie se bene as gevolg van ernstige gangreen geamputeer moes word, was haar hele lewe lank ’n helper in haar gemeenskap. Nou is sy afhanklik van ander se hulp vir haar pad na herstel.

“Sy is later na Sebokeng Hospitaal oorgeplaas, waar haar linkerbeen bo die knie afgesit is. Nou is die been septies en sy moet weer teater toe.”

Tina se familie sukkel om tred te hou met die finansiële en emosionele koste van haar toestand.

“Sy het haar hele lewe lank vir ander gegee sonder om iets terug te verwag. Ek wil haar net help, maar ons kan dit nie meer alleen dra nie,” sê JP.

Elke rand wat ingesamel word, sal gebruik word vir Tina se mediese sorg, medikasie en nasorg vir haar geamputeerde ledemate. Vir dié wat wil help, het JP ’n Back-a-Buddy-veldtog begin:

JP glo vas sy ouma se storie kan ander aanraak. “Ek hoop net mense onthou hoe sy ander gehelp het, en dalk nou vir haar iets kan teruggee.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button