News

Bedrogsaak teen boekhouer weer uitgestel weens uitstaande bankstate

Al weer op ys – R7.3 miljoen-bedrogsaak sloer voort sonder bankstate.

VEREENIGING – Die bedrogsaak teen ’n boekhouer van die stad, wat daarvan beskuldig word dat sy meer as R7.3m van ’n motorhandelaar verduister het, is Woensdag wéér in die streekhof in Vereeniging uitgestel, dié keer omdat sekere bankstate steeds nie aan die verdediging oorhandig is nie.

Joané van de Gevel word deur haar voormalige werkgewer, Johannes Jurgens Hattingh (65), daarvan beskuldig dat sy in ‘n jaar se tyd bykans R7.3m by sy maatskappy verduister het waar sy as sekretaresse en boekhouer werksaam was.

Joane van de Gevel in die beskuldigdebank. By haar is haar prokureur, Muhammed Omar. Argieffoto: Christiaan Cloete

Tydens die kort hofverskyning het die beskuldigde se regsverteenwoordiger, Mohamed Omar, aan die hof gesê dat nie al die nodige bankstate deur die staat verskaf is nie.

Hy het aangedui dat hy druk op die ouditeure gaan plaas om die proses te versnel sodat ’n verhoordatum vasgestel kan word wanneer die beskuldigde weer later vandeesmaand in die hof verskyn.

Volgens hofnotas van Mei het mnr. Omar vroeër versoek om kopieë van bankstate en ’n forensiese ouditverslag te kry. ’n Konsultasie sou gereël word met die ouditeur wat die staat se verslag opgestel het, en die ondersoekbeampte, wat veronderstel was om die nodige bankstate saam te bring.

Die saak is nou uitgestel tot 30 Julie vir die oorhandiging van die uitstaande bankstate en om ander kwessies uit te klaar voordat ’n moontlike verhoordatum vasgestel kan word.

Joane van de Gevel in die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button