Vanderbijl Fotografiese Vereniging mag maar foto’s neem
Die maandonderwerp van die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging se tema was “Altered Reality” wat lede se kreatiewe kunstigheid op die proef gestel het.
VANDERBIJLPARK – Lede het hulle nie deur die koue laat afskrik nie, en puik foto’s is tydens die Junie-klubaand beoordeel.
Johan Brits, senior-fotograaf, se “The red blanket” is as wenfoto van die maand-tema aangewys.

Die ander afdeling-wenners is:
Ope-afdeling
Senior-wenner (4 Ster gradering en hoër) – Rensia Fourie se G77a.
Junior-wenner (1 tot 3 Ster) – Madré Fourie se Benji.
Monochroom
Senior-wenner – Francois Roux se Serious biker. Die foto was ook die algehele wenfoto van die aand.
Junior-wenner – Eanette Maass se Waar is die eindstreep.

Selfone
Senior-wenner – Suzy Louw se Devil’s Knuckles.
Junior-wenner – Eanette Maass se Stairway to the light.
Aanlyn-inskrywings
Suzy Louw se Daar lê hy.


Al die wenfoto’s kan op die klub se amptelike webtuiste www.vdbp-photo.org besigtig word, asook op hul Facebookblad (VdbpPhotoClub). Interessante artikels word ook gereeld gedeel.
* Belangstellendes wat by die klub wil aansluit kan Johan Brits by 082 718 8394 of tsawa@yebo.co.za kontak.



