News

Swanger meisie verloor haar geliefde in noodlottige tref-en-trap ongeluk

Tragedie op Plaaskombuispad: bestuurder vlug ná noodlottige ongeluk wat man se lewe eis.

MEYERTON – Die gemeenskap is in rou ná die skokkende dood van Shane Starkey (30), ‘n bekende inwoner van Riversdal, wat Vrydagaand 8 Augustus op Plaaskombuispad, net buite Risiville, in ’n treffe-en-trap ongeluk doodgery is.

Shane was glo per voet op pad huis toe, toe hy tussen 18:00 en 19:00 deur ’n wit voertuig – moontlik ’n bakkie of Toyota Fortuner – omgery is. Die bestuurder het van die toneel af gevlug. Kort daarna het ’n tweede voertuig vir Shayne getref.

Dié bestuurder het egter gestop en die polisie ontbied.

Die oorledene: Shane Starkey. Foto: Verskaf

Vir Shane se geliefde, Daphne Visagie (25), wat agt maande swanger is met hul dogtertjie, Delilia, is die verlies onbeskryflik. “Hy sou haar nooit kan vashou nie,” sê ’n familievriend.

Die Starkey-gesin is steeds besig om van die skok te herstel – ’n dekade gelede is Shane se broer in ’n ongeluk in Meyerton dood.

Shane Starkey (30) en sy geliede, Daphne Visagie (25) wat 8 maande swanger is. Foto: Verskaf

Omdat Shane geen begrafnisdekking gehad het nie, het die familie begin fondsinsameling doen. Teen Woensdag bykans R10 000 ingesamel, maar daar kort nog ongeveer R5 000 kort om die koste te dek. Die gemeenskap word gevra om te help, hetsy deur donasies aan Emmanuel Angels Funerals of deur by te dra tot verversings vir die onthaal ná die diens.

Vir meer inligting oor hoe om te help of te skenk, kan geïnteresseerdes direk Emmanuel Angels Funerals kontak by 071 535 5390. Donasies kan gemaak word aan:
Standard Bank
Rekeninghouer: Emmanuel Angels Funerals CC
Rekeningnommer: 02 194 192 0
Tipe: Lopende rekening
Verwysing: Starkey

Bevestiging van betaling kan gerig word na die bogenoemde nommer.

Wyle Shane Starkey. Foto: Verskaf

Shayne se begrafnis vind Saterdag 16 Augustus om 10:00 plaas by Klip River Country Estate. Enige iemand met inligting oor die ongeluk word versoek om Meyerton-polisie te kontak.

Shayne laat ’n nalatenskap van liefde en lag agter – en ’n dogtertjie wat hom net deur stories en herinneringe sal ken.

Enigiemand met inligting wat die polisie kan help om hierdie saak op te los, kan die ondersoekbeampte a.o. S.Z Ndaba by Vereeniging-polisie skakel, die #CrimeStop-nommer by 08600 10111 bel, of die #MySAPS-toep gebruik om die polisie vertroulik van inligting te voorsien.

Die bestuurder wat Shane Starkey omgery het, het glo op die vlug geslaan. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button