News

Voorlopige verslag werp nuwe lig oor vliegtuigongeluk naby George

Die dubbelenjin-vliegtuig wat op 23 Augustus in Vereeniging opgestyg het, het albei enjins verloor en moes toe gevolglik ‘n noodlanding naby George uitvoer.

GEORGE – ’n Voorlopige ondersoekverslag het nuwe lig gewerp op ‘n vliegtuigongeluk wat op 23 Augustus naby George plaasgevind het.

Volgens die voorlopige verslag, wat deur die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid uitgereik is het die mede-vlieënier tydens die voorvluginspeksie bevestig dat die vliegtuig, ‘n Rockwell 500S, se brandstofmeters ’n totaal van 120 liter Avgas 100LL in die tenks aangedui het.

Die vliegtuig het omstreeks 05:30 van die Vereeniging-lughawe (FAVV) vertrek en tot op ongeveer 10 000 geklim terwyl dit teen 176 knope gevlieg het.

Na sowat twee uur en 50 minute het die vlieënier (PF) hul voorneme om te land aan die George-lughawe (FAGG) se naderingsbeheerder op frekwensie 128,2 MHz uitgesaai.

Terwyl hulle op sowat 3 000 voet op pad was na baan 29 het albei enjins onklaar geraak.

Die vlieënier het beheer oor die vliegtuig behou en die mede-vlieënier het ’n noodoproep aan die lugverkeersbeheer gestuur.

Sonder gebruik van die enjins het die vlieënier die vliegtuig tot naby die Thembalethu-begraafplaas in George laat sweef en ’n noodlanding in ’n oop veld uitgevoer.

Die vliegtuig het beduidende skade opgedoen tydens die ongeluk. Nooddienste is in kennis gestel en het vinnig op die toneel gereageer.

Die vlieënier het ernstige kopbeserings opgedoen en is deur paramedici behandel voordat hy na ’n hospitaal vervoer is. Die mede-vlieënier het geen sigbare beserings gehad nie, maar is ook na ’n hospitaal geneem vir mediese ondersoek.

Derdeparty skade is beperk tot die begraafplaas en niemand op die grond is beseer of dood nie.

Die oorsaak van die dubbele enjinstaking word nog ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button