News

Tien jaar gelede: Vaalrivier-brand verwoes weeldrerige naweekhuise

Tien jaar later word dié Vaalrivier-brand steeds onthou vir die vernietiging van huise, bote en motors – en die ironie van die misdadiger Radovan Krejcir se huis wat ontsnap het.

VANDERBIJLPARK – Op Sondag, 20 September 2015, het ‘n veldbrand langs die Vaalrivier tientalle weelderige naweekhuise by Wonderfontein aan die Vrystaatkant verwoes.

Bronne verskil oor die presiese aantal: sommige noem 18 huise, ander 27.

Sterk winde het die vuur daardie dag vererger en dit het vinnig versprei. Nie net huise nie, maar ook voertuie, motorbote, jetski’s en huisraad is vernietig. Die skade is beraam op meer as R100 miljoen.

Ironies genoeg het die naweekhuis van die veroordeelde misdadiger Radovan Krejcir een van die enkeles gebly wat die vlamme vrygespring het. Die huis is later in November 2015 by ‘n openbare veiling vir R4,2 miljoen verkoop.

Tien jaar later onthou die Vaaldriehoek hierdie brand as een van die mees vernietigende in die streek se onlangse geskiedenis.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button