NewsSport

BRSI 7’s-kampioene gekroon

Wenners is R10 000 ryker

VEREENIGING – Blue Runnings Sport Internasionaal (BRSI) se Uitnodigings Sewesoernooi wat op 20 September by die Barnyard plaasgevind het, was ‘n sprankelende sukses.

Min dinge is beter as braaivleis, brannas en die blitsweergawe van die spel met die ovaalbal.

Of is daar? Die bankbalans van Rustenburg en Volksrus het elk ‘n hupstoot van R10 000 gekry nadat hulle as die eerste kampioene van die 2025 BRSI Sewestoernooi gekroon is.

Hoërskool Rustenburg se o15’s het sy lang reis die moeite werd gemaak, toe hy vir Potchefstroom Volkskool in ‘n klipharde eindstryd net-net met 14-10 geklop het.

Rustenburg het reeds in die halfeindronde gewys dat hy ‘n aanspraakmaker op die titel is, toe hy Acudeo met 29-7 streepsuiker gegee het. In die o17-eindstryd het Volksrus sy goeie vorm voortgesit om Florida oortuigend met 35-12 te klop.

Volksrus het vanuit die staanspoor leiding geneem en vinnig sy wenvoorsprong met goeie sewesrugby gerek. Was dit nie vir ‘n laat terugvegpoging nie, kon die eindtellling selfs hoër gewees het.

Sewes-aksie op sy beste. Foto’s: Ettienne van Rensburg

Volksrus het voorts in sy opmars tot die eindstryd vir Amberfield in ‘n taai halfeindstryd met 17-17 gekl

Sewes-aksie op sy beste. So vat jy ‘n man grond toe.
Net te laat!
Sewes-aksie op sy beste. Hier word daar geduik dat die stof staan.
Plettervat!
Pasop voor!

op.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button