News
KYK: Erge besoedeling, plakkerskampe en menslike ellende langs Vaalrivier
Waar die Vaal moet vloei met lewe, stink dit nou van verwaarlosing en verval.
VEREENIGING – ’n Onlangse besoek aan die Vaalrivier het kommerwekkende toestande ontbloot – van rioolbesoedeling en dooie visse tot groeiende plakkerskampe langs die oewers van die Vaalrivier.

’n Hoëvlak-afvaardiging wat bestaan het uit raadslede van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, munisipale amptenare, en lede van die rooimiere het Woensdag die toestand langs die Vaalrivier besigtig.

Dalene Venter, raadslid van Wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, het haar skok uitgespreek en dringende ingryping geëis om die omgewing te herstel en waardigheid terug te bring na die Vaalrivier en sy gemeenskappe.

Kyk die volledige video hier:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
