PARYS – Die grootste Western Mounted Games-byeenkoms in 2025 is die Suid-Afrikaanse Western Mounted Games Assosiasie (SAWMGA) Nasionale Kampioenskap, wat van 4 tot 10 Oktober by die AfriDome gehou word.
Vanjaar is geskiedenis gemaak met ‘n rekordtal van amper 700 perde en ruiters wat geregistreer het.
Dit sluit ruiters van al nege provinsies in, asook gasruiters van Botswana, Zimbabwe en die Verenigde Koninkryk wat in die Internasionale Nasiebeker (International Cup of Nations) teen die SA-span meegeding het.
Die Vaal was natuurlik goed verteenwoordig met ruiers wat die Vrystaat- en Gauteng-spanne verteenwoordig het.
Die Protea-span is: Tana Martini (Gauteng), LJ van der Nest (Vrystaat), Lorenco Crous (Vrystaat), Dries Ellis (Noord-Kaap) en Elaine Fourie (Vrystaat).




