NewsSport

SPL om die draai

Spelers van regoor die Vaaldriehoek slyp hulle tande.

VANDERBIJLPARK – Die gesogte Sedibeng Premierliga (SPL) vir o.11 en o.13-spanne skop op 25 Oktober af en beloof om weer krieket uit die boonste rakke op te lewer.

Die toernooi strek oor drie naweke met die eindstryde wat op 8 November op die HS Transvalia se velde beslis sal word.

Die toernooi bied aan spelers van regoor die Vaaldriehoek die unieke geleentheid om saam met spelers van ander laerskole te speel.

Die bepalings vir 25 Oktober is: o11: 08:00 – Strikers vs die Boundary Warriors; 11:00 – Jaguars vs Casa Ravens en o13: 14:00 – Jaguars vs Casa Roosters.

Sondag 26 Oktober: o11: 08:00 – Casa Ravens vs Strikers. 11:00 – Jaguars vs Boundary Warriors en 14:00 – o13: Strikers vs Boundary Warriors.

Stephan de Villiers hou sake fyn dop tydens ‘n uitlooppoging. Foto: Ettienne van Rensburg

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button