NewsSport

AVT-byeenkoms skop op hoë noot af

Atlete skud roes af

SASOLBURG – Die eerste byeenkoms van die gesogte AVT-liga het verlede Saterdag op die DP de Villiers-stadion plaasgevind.

Hoewel die atlete aanvanklik effens verroes gelyk het, het verskeie individue goeie vertonings vir hulle klubs gelewer. Die volgende byeenkoms van die reeks vind 25 Oktober plaas.

Hoewel die eerste byeenkoms deur die naellopers oorheers is, is die top enkel prestasie van die dag deur Shantelique Smith in die spiesgooi vir dogters o16 gelewer.

Smith het die item met ‘n afstand van 46.32m (914 punte) gewen. Die langasem Emma de Clerq het ook uitgeblink deur die 1200m vir dogters o11 in ‘n goeie tyd van 4:01.21 gewen en 895 tabelpunte in die proses te verdien.

Iwan Vermeulen van Nedbank Atletiekklub op pad na ‘n sege in die 80m hekkies vir seuns o13. Hy het die item in 13.72 gewen.
Kylin Fourie van HS Sasolburg slinger die diskus.
Rieckert Boshoff seil oor die hekkies.
Emma de Clerq het die 1 200m vir dogters o11 in ‘n goeie tyd van 4:01:21 gewen.
Rieckert Boshoff van Boxer Atletiekklub sak in die blokke in die 70m-hekkies vir seuns o11.

Die ander atlete wat meer 800 tabelpunte verdien het, is: Katleho Motaung (1500m so16: 823 punte), Chandre Ogrady (100m do16: 868), Amukelani Manyike (100m do16): 840 punte), Ruben Kruger 100m so16: 815 pu1nte), C. Ogrady 400m do16: 802 punte), Hiemneri Hattingh (70m-hekkies do11: 881) en Zaney Harmse (diskus do13: 836 punte).

Iwan Vermeulen in aksie.
So slinger jy ‘n spies.
Veerkrag op sy beste.
A. Mofokeng seil oor die hekkies.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button