Mnr. en Mej. Dokkie 2025 gekroon
Die wenners van die jaarlikse Mnr. en Mej. Dokkie-skoonheidskompetisie is op 23 Oktober tydens ’n spoggeleentheid by die Barnyard-teater gekroon.
VEREENIGING – Die Barnyard-teater het op 23 Oktober behoorlik uit sy nate gebars tydens die Hoërskool Dr. Malan se jaarlikse Mnr. en Mej. Dokkie-kompetisie.
Die aand was propvol kultuur, styl en jong talent.
Deelnemers het die verhoog in drie rondtes betree: eers in skooldrag, daarna in tradisionele Engelse, Skotse, Ierse en Walliese kleredrag, en uiteindelik in elegante formele aanddrag.

Foto: Christiaan Cloete
Elke finalis het met selfvertroue en unieke persoonlikheid gestraal.
Kaitlyn van Wyk is gekroon as Mej. Dokkie 2025, met Cheanré Jacobs as 1ste prinses en Meagan Rielander 2de prinses.
Die titel van Mnr. Dokkie 2025 is aan Cameron Pieterse toegeken, met Lex Smal as 1ste prins en Wernich Kotze 2de prins.

In die junior afdeling het Zanelle Theron die kroon gedra as Mej. Dokkie Jnr., gevolg deur Taylor de Wet (1ste prinses) en Maru-Ché Pienaar (2de prinses).
Spesiale titels is toegeken aan:
- Qihan Swanepoel en Annabelle Pieterse – Mnr. en Mej. Fotogenies
- Rohan Lubbe en Yolandi du Preez – Mnr. en Mej. Persoonlikheid
Die aand het weereens gewys hoekom die Dokkie-skoonheidskompetisie een van die kultuurhoogtepunte van die jaar is.

