News

Polisie ondersoek moordsaak nadat Mosambiekse man omgery word

Die polisie is opsoek na die eienaar van ‘n wit Ford Ranger wat Sondag ‘n man in die Glen Donald-omgewing omgery het.

MEYERTON – ‘n Mosambiekse burger is dood nadat hy Sondag in Meyerton deur ‘n bakkie omgery is. Sy vriend het ter nouer nood aan die dood ontkom.

Volgens Kapt. Nompumelelo Zazini, ‘n woorvoerder van die polisie in Meyerton, het die oorledene saam met drie vriende op 26 Oktober 2025 omstreeks 17:00 na ‘n kleinhoewe in die Glen Donald-omgewing gestap om hoender te koop.

Met aankoms by die kleinhoewe se hek het hulle ‘n man teegekom wat hulle beveel het om sy perseel te verlaat.

Met aankoms by die hek, het ’n man vir hulle geskree om te ‘f*k*f’ van sy perseel af.

Die groep het na bewering die perseel verlaat, maar ‘n wit Toyota Land Cruiser het glo met ‘n hoë spoed op hulle afgejaag. Terwyl hulle probeer vlug het, het die voertuig hulle agternagesit.

Ander mans met voertuie het ook by die jaagtog betrokke geraak. Petro Carlos Matheke, ‘n Mosambiekse burger, is deur een van die voertuie omgery.

Sy vriend Avelino Eduardo Chivure het die voorval oorleef.

Matheke is na die Vereeniging Kopanog-hospitaal geneem vir behandeling. Hy is die volgende oggend – 27 Oktober 2025 – om 01:13 dood verklaar.

Sy liggaam is na Sebokeng-lykshuis geneem. Die voertuig wat hom gestamp het is volgens die polisie ‘n wit Ford Ranger, maar die registrasienommer is in hierdie stadium onbekend.

Sake van moord en poging tot moord word deur die Meyerton-polisie, sowel as die Vereeniging-polisie ondersoek.

Mense met inligting kan die Meyerton-polisie by 016 360 4700 skakel of die Crime Stop-lyn by 08600 10111 bel. Inligting kan ook vertroulik met behulp van die MySAPS app derugegee word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button