News

Vermeende kaartbedrieërs in Arconpark aangekeer

Twee vermeende kaartbedrieërs is aangekeer danksy ’n vinnige reaksie deur Sekuriteit Sonder Grense.

VEREENIGING – Die privaatsekuriteitsmaatskappy Sekuriteit Sonder Grense (SSG) het Donderdag by die Arcon Park Shopping Centre twee vermeende kaartbedrieërs vasgetrek.

SSG het gereageer nadat ’n kliënt hulle ontbied het. Die verdagtes het na bewering probeer om ’n bejaarde persoon te bedrieg voordat hulle probeer vlug het.

Volgens SSG het die verdagtes beheer oor hul voertuig verloor toe hulle probeer vlug het. Hulle is op die toneel in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op verskeie items.

In die voertuig is onder meer ’n kaartmasjien, bankkaarte, kontant en bankstrokies gevind.

Die saak is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button