News

Vaaldam: Tien sluise teen vanaand oop

Met nóg sluise wat vandag oopgestel word, neem die druk op die Vaalrivierstelsel toe namate watvlakke steeds styg.

VAALDAM – Net ’n dag nadat nóg vier sluise by die Vaaldam oopgetrek is, is daar vanoggend (Donderdag, 27 November 2025) ’n nuwe aanbeveling uitgereik om drie addisionele sluise op verskillende tye oop te trek.

Dit volg nadat die Vaalrivierstelsel steeds onder druk verkeer weens hoë invloei ná aanhoudende reën.

Volgens ’n WhatsApp-kennisgewing wat aan Vaalweekblad gestuur is, lui die jongste aanbevelings soos volg:

  • Sluise 8 – 10:00
  • Sluise 9 – 12:00
  • Sluise 10 – 14:00

Dit beteken dat daar teen vanaand altesaam tien sluishekke by die Vaaldam oop sal wees.

Die Departement van Water en Sanitasie waarsku dat verhoogde vloei in die Vaalrivier verwag kan word, en dat gemeenskappe stroomaf bedag moet wees op moontlike stygings in waterpeile.

Intussen bly die Bloemhofdam se afvoervlak onveranderd, met die jongste aanbeveling dat die status quo gehandhaaf word by ’n deurlopende afvoer van 1 000 m³/s.

Die situasie word deurlopend gemonitor en verdere opdaterings sal uitgereik word sodra nuwe aanbevelings gemaak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button