News
Brakkie vermis ná ongeluk op R59 tussen Parys en Sasolburg
’n Miniatuur Doberman Pinscher met die naam Mandy het ná ’n motorongeluk op die R59 tussen Parys en Sasolburg by die toneel verdwyn en word steeds vermis.
PARYS – Volgens Sonja Crouwkamp, die hond se eienaar, het Mandy by die toneel van die ongeluk verdwyn nadat ’n wit Uno by die voorval betrokke was. Die hond is sedertdien nie weer gesien nie.
Crouwkamp het ’n beroep op motoriste en inwoners in die omgewing gedoen om uit te kyk vir die vermiste hond en enige inligting deur te gee wat kan help om Mandy op te spoor.
Enigiemand met inligting word versoek om 069 744 2802 te kontak.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
