News

Maak-of-breekjaar wag vir Suid-Afrikaners in 2026

2026 kan die jaar wees wat Suid-Afrika se toekoms verander.

Die VF Plus sê 2026 kan ’n keerpunt vir Suid-Afrika wees met die plaaslike regeringsverkiesing wat die kans bied om verandering te bring en die ANC-juk af te skud.

Volgens VF Plus-leier, Dr. Corné Mulder, het die algemene verkiesing van 2024 getoon dat Suid-Afrikaners smag na vernuwing en verbetering. “Daar is realistiese hoop op verandering, en die stembus bied daardie geleentheid. Dit móét aangegryp word,” sê Mulder.

Die VF Plus glo koalisieregerings sal ná die verkiesing die sleutel wees om van die ANC se beheer ontslae te raak. “Op munisipale vlak, en veral waar die VF Plus betrokke is, is al gesien dat koalisies groot verandering en beter dienslewering bring,” voeg Mulder by.

Die party beklemtoon sy langtermynverbintenis tot Christelike en medemenslike waardes, sterk gesinne en morele integriteit as fondament vir vrede en voorspoed. Volgens Mulder bied die komende verkiesings ’n unieke geleentheid om hierdie waardes in plaaslike regerings te versterk.

Hy verwys ook na die ernstige probleme by munisipaliteite: slegs 8% van 257 munisipaliteite het ’n skoon oudit in 2023-24 ontvang, terwyl skuld aan Eskom in September 2025 R105 miljard bereik het. “Die situasie het breekpunt bereik. Daar móét verandering kom,” sê Mulder.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button