News
Bekende Vaal-prokureur (37) sterf tragies in motorfietsongeluk
’n Bekende Vanderbijlparkse prokureur is Vrydagaand tragies oorlede in ’n motorfietsongeluk op die Fochville-Parys-pad.
VANDERBIJLPARK – Volgens sy familie was Ockert Vermaak (37) op ’n BMW GS-motorfiets saam met twee vriende toe hy beheer oor die voertuig op ’n draai verloor het.
Sy vriende het onmiddellik hulp ontbied, en hy is na die Emfuleni Mediclinic Hospitaal geneem, waar hy kort na middernag op Saterdag, 10 Januarie, oorlede is.
Geen ander voertuie was by die ongeluk betrokke nie.
Die familie het om privaatheid in hierdie emosionele tyd versoek. Begrafnisreëlings is nog nie bekend gemaak nie.
Vermaak se pa is ’n bekende dokter in Vanderbijlpark.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
