News

Vandag in die geskiedenis: Nelson Mandela vrygelaat

’n Oomblik wat Suid-Afrika se politieke landskap onherroeplik verander het.

Op 11 Februarie 1990 is Nelson Rolihlahla Mandela ná 27 jaar in die gevangenis uit die Victor Verster-gevangenis vrygelaat.

Mandela, toe 71 jaar oud, het hand aan hand met sy vrou, Winnie Madikizela-Mandela, deur die tronkhekke naby Paarl gestap.

Dié geskiedkundige gebeurtenis is wêreldwyd regstreeks uitgesaai.

Sy vrylating het gevolg op volgehoue binnelandse verset, internasionale druk en onderhandelinge tussen die apartheidsregering en bevrydingsbewegings.

Mandela is in 1962 in hegtenis geneem en later tydens die Rivonia-verhoor tot lewenslange tronkstraf gevonnis op aanklagte van sabotasie en verwante oortredings.

Hy het 18 jaar op Robbeneiland deurgebring voordat hy na Pollsmoor-gevangenis en later na Victor Verster oorgeplaas is.

Sy vrylating het ’n keerpunt in Suid-Afrika se oorgang na demokrasie gemerk.

Vier jaar later, in April 1994, het die land sy eerste demokratiese verkiesing gehou, waarna Mandela op 10 Mei 1994 as Suid-Afrika se eerste demokraties verkose president ingehuldig is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button