News

Talle woon Meyerton aanbiddingsbyeenkoms by

Meer as ’n duisend gelowiges het by Die Agterdeur in Meyerton byeengekom vir ’n grootskaalse aanbiddingsgeleentheid wat op geloof, gebed en gemeenskap gefokus het.

MEYERTON – Ongeveer 1500 mense het onlangs ’n aanbiddingbyeenkoms by Die Agterdeur in Meyerton bygewoon.

Die tema van die byeenkoms was Repent, Reset, Restore, Revive, en daar is op geloof, musiek en samesyn gefokus.

Gelowiges by die grootskaalse aanbiddingsgeleentheid. Foto: Verskaf

Organiseerders sê die geleentheid is oor ’n tydperk van maande beplan.

Volgens Lynette Badenhorst van Hadassah Ministries, wat die boodskap gelewer het, is Die Agterdeur gebruik as ’n ruimte vir aanbidding om die gemeenskap na God te lei.

Ongeveer 1500 mense het onlangs ’n aanbiddingbyeenkoms by Die Agterdeur in Meyerton bygewoon. Foto: Verskaf

Sy het na afloop van die byeenkoms gesê sy het twee weke voor die tyd ’n boodskap ontvang dat God se teenwoordigheid soos ’n wolk oor die venue sou wees, ’n verwysing na Bybelse beskrywings van geestelike teenwoordigheid.

Leo Sonskyn en Band en Beleef Band het tydens die geleentheid opgetree, terwyl Danelle Dreyer seremoniemeester was.

Gelowiges van regoor die Vaaldriehoek het by Die Agterdeur in Meyerton saamgetrek vir ’n aand van aanbidding, musiek en gebed tydens die Repent, Reset, Restore, Revive-byeenkoms. Foto: Verskaf

Proklamasies en verklarings is deur Jan Combrink gelei, en ’n dansaanbiddingsgroep het ook aan die program deelgeneem.

Nagmaal is aan bywoners bedien.

Families, jongmense en ouer mense het die geleentheid bygewoon. Borge en vennote is bedank vir hul ondersteuning.

‘n Dansaanbiddingsgroep tree op tydens die byeenkoms. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button