News

Renier veg terug teen fase 4-kanker

Renier du Plessis veg vasberade terug teen fase 4-melanoom, ondanks intense pyn en sig- en gehoorprobleme.

SASOLBURG – Renier du Plessis (45), wie se stryd teen fase 4-melanoomkanker vroeër vanjaar aandag getrek het, het onlangs met intensiewe kankerbehandeling begin nadat dokters bevestig het dat die kanker aggressief aan die linkerkant van sy gesig versprei.

Volgens ’n opdatering van sy familie het skanderings getoon dat die gewas deur die linkerkant van sy gesig versprei en langs senuwees na die basis van sy skedel beweeg.

Die kanker veroorsaak ernstige pyn, swelling, gehoorverlies en sigprobleme.

Ten spyte hiervan het Renier met gevorderde immunoterapie begin.

Renier kry sedert Februarie behandeling in Greenville, South Carolina in die VSA.

Dit is volgens dokters die sterkste behandeling wat tans vir sy soort kanker beskikbaar is.

Hy ontvang ook bestralingsterapie wat vir vier weke daagliks toegedien sal word, terwyl immunoterapie weekliks voortgaan.

Die behandeling eis reeds ’n groot tol op sy liggaam.

Die familie sê die linkerkant van sy gesig het onlangs erg geswel, wat intense pyn en druk veroorsaak.

Renier du Plessis (45) ontvang tans intensiewe behandeling vir fase 4-melanoom, insluitend immunoterapie en daaglikse bestraling oor vier weke. Foto: Verskaf

Die swelling kom voor wanneer die immuunstelsel begin reageer op die behandeling.

Nog ’n uitdaging is die afstand na die hospitaal waar hy behandeling ontvang.

Die reis per bus kan meer as twee en ’n half uur neem. In sy verswakte toestand is openbare vervoer egter gevaarlik omdat infeksies ernstige komplikasies kan veroorsaak.

Die familie het ’n beroep op die publiek gedoen om te help met vervoerkoste sodat Renier sy daaglikse bestraling en weeklikse immunoterapiesessies sonder onderbreking kan bywoon.

Renier is in 2024 met die aggressiewe velkanker gediagnoseer en het reeds verskeie operasies ondergaan.

Die siekte en talle operasies het sy voorkoms geskend en hom met gehoorverlies, spraakprobleme en sigverlies gelaat.

Die eens lewenslustige verbruikersbestuurder (’n beroep wat sterk kommunikasievaardighede vereis) kon sedert Februarie 2024 nie meer werk nie.

Besoek die BackaBuddy-groep wat vir Renier gestig is hier.

Die linkerkant van Renier se gesig het onlangs erg begin geswel, wat intense pyn en druk veroorsaak. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button