News

VIDEO: Pampoenkoning Wykus deel 950 kg pampoene en groente met gemeenskap

Wykus Lamprecht, ‘n wenner by vanjaar se Goliat van Gat Pampoenfees, het Donderdag se wengroente opgesny en aan liefdadigheidsinstansies geskenk.

MEYERTON – Wykus Lamprecht, die dorp se pampoenkoning, het Donderdag sy wenpampoene en ander groente, waarmee hy by vanjaar se Goliat van Gat-pampoenfees gewen het, in stukkies opgesny en aan die gemeenskap uitgedeel.

Die pampoen het aan plaaslike liefdadigheidsorganisasies, kinderhuise en gemeenskapsgefokusde inisiatiewe gegaan.

Lamprecht se wenpampoene, Tinkerbell (653 kg) en Buksie (493,7 kg), sowel as ander groente en selfs sy swaarste waatlemoen en tamatie, is gebruik om honger mae in die gemeenskap te voed.

Elke stukkie het vreugde en voeding gebring aan die mense wat dit die nodigste gehad het.

‘n Lid van Solidariteit Helpende Hand stoot ‘n vrag pampoenskywe na ‘n voertuig om ingelaai te word. Foto: Christiaan Cloete

Hierdie reuse groente en pampoene was deel van Wykus se indrukwekkende inskrywings by die Goliat van Gat-pampoenfees.

  Tinkerbell, sy reuse pampoen, het die skaal laat kreun op 653 kg.

  Sy skorsie, Buksie, het op 493,7 kg ingeweeg.

  Sy swaarste waatlemoen, Mike, het 16 kg geweeg.

  Sy swaarste tamatie, Tiekie, het 1 kg geweeg.

  Sy murgpampoen, Martie, het 23,8 kg geweeg.

Ondanks die uitdagende grond en baie reën tydens die groeiseisoen, sê Wykus hy is tevrede met die resultate en dankbaar vir almal se ondersteuning regdeur die seisoen.

Lede van Solidariteit Helpende Hand wat gehelp het om die pampoenskywe na liefdadigheidsinstansies in die Vaaldriehoek te versprei. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button