News

Vandag in die geskiedenis: Bles Bridges sterf tragies in motorongeluk

Die Afrikaanse sanger Bles Bridges is 26 jaar gelede in ‘n motorongeluk oorlede.

VEREENIGING – Die Afrikaanse sanger Bles Bridges het op hierdie dag (24 Maart) in 2000 naby Bloemhof in ‘n motorongeluk gesterf.

Gebore as Lawrence John Gabriel Bridges, was hy geliefd in die Vaaldriehoek waar hy grootgeword het.

Hy is in Viljoensdrif gebore en het sy skoolloopbaan aan Hoërskool Vereeniging voltooi.

Bridges het ‘n musikale nalatenskap agtergelaat wat nog steeds in Afrikaanse huise weerklink.

Sy bynaam, Bles, is aan hom gegee deur sy Ierse oupa omdat hy as kind min hare gehad het.

’n Gedenkteken is langs die pad net buite Bloemhof opgerig ter nagedagtenis aan die plek waar hy tragies oorlede is.

Die gedenkteken buite Bloemhof langs die N12 wat vir Bles Bridges opgerig is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button