News

Jong atlete beïndruk op DP de Villiers

Met medaljes op die spel het die atlete hul beste gegee, en was die dag se aksie beslis geen teleurstelling vir toeskouers nie.

SASOLBURG – Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se ASA Primary Sub Youth-kampioenskap is die afgelope Saterdag by die DP de Villiers-stadion aangebied.

Die byeenkoms volg op AVT se ligabyeenkomste wat die afgelope maand by die stadion plaasgevind het. 

Dit was geleentheid vir die Vaal se atlete ter voorbereiding van die nasionale ASA Primary Sub-Youth-kampioenskap wat op 4 en 5 Desember op die NWU McArthur-stadion in Potchefstroom plaasvind.

Die nasionale kampioenskap maak voorsiening vir atlete in die o.7-, o.9-, o.11- en o.13-ouderdomsgroepe.

Vaalweekblad wens al ons plaaslike atlete waar daar gaan deelneem alle sterkte toe.

Vaalweekblad was Saterdag daar om van die aksie vas te vang.

Hier is 100m-aksie in van die verskillende ouderdomsgroepe.

Nog foto’s in Vrydag se Vaalweekblad.

Foto’s: Elsje Vermeulen
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button