News
Vandag in die Vaal se geskiedenis: Dr Hendrik van der Bijl gebore
Die nyweraar na wie Vanderbijlpark vernoem is, het gehelp om die dorp se staalwerke te vestig.
VANDERBIJLPARK – Dr Hendrik Johannes van der Bijl, na wie Vanderbijlpark vernoem is, is vandag 139 jaar gelede, op 23 November 1887, in Pretoria gebore.
Van der Bijl was ’n ingenieur en nyweraar wat ’n leidende rol in die stigting van die Elektrisiteitsvoorsieningskommissie (Evkom) en die Suid-Afrikaanse Yster- en Staalkorporasie (Yskor) gespeel het.
In die Vaaldriehoek het hy gehelp om Yskor se staalwerke te vestig. Die aanleg het die grondslag gelê vir die ontwikkeling van Vanderbijlpark.
Van der Bijl is op 2 Desember 1948 in Johannesburg oorlede. Hy was 61. Vanderbijlpark is die daaropvolgende jaar amptelik as dorp geproklameer.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!