Local newsNews
Knus en warm op koue Vadersdag
Waar die meeste mense Vadersdag verkieslik binneshuis spandeer het, het Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark Tak die koue aangedurf.
SASOLBURG – Sondag is Vadersdag gevier. Dit was ‘n baie koue dag, met die wolke wat laer getrek het oor die Vaaldriehoek.
Te midde van die nat weer, het Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark Tak by Ons Gryse Jeug in Sasolburg gaan kuier.
Hul was op ‘n missie om al die manne in die tehuis te bederf. Daar is lekker gesels en komberse, mussies en serpe uitgedeel. Alles handgebrei en gehekel. Saam met ‘n soetdingetjie het elke oom geweet, hy is spesiaal.
Die onverwagse verrassing het die manne breed laat glimlag en verskeie inwoners het sommer dadelik die mussies en serpe gedra.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
