News

Vandag in die geskiedenis: Die skoot wat die wêreld in oorlog gedompel het

Die voorval het tot die Eerste Wêreldoorlog gelei.

Op 28 Junie 1914 het die Oostenryk-Hongaarse troonopvolger, Aartshertog Franz Ferdinand van Oostenryk, en sy vrou, Sophie, Hertogin van Hohenberg, die stad Sarajevo besoek.

Terwyl hulle deur die strate gery het, is hulle deur die 19-jarige Serwiese nasionalis Gavrilo Princip doodgeskiet.

Die sluipmoord het Europa in ‘n diplomatieke krisis gedompel. Binne weke het bondgenootskappe in werking getree, lande het oorlog verklaar, en die wêreld is in Eerste Wêreldoorlog ingesleep.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button